BRIEF VAN BEKENDSTELLING

Hillcrest Kleuterplaas dien die gemeenskap en omgewing deur middel van ‘n liefdevolle en sorgsame opvoedkundige diens van gehalte as kleuterskool van baba tot graad R. Dit is gelee te 6 Loop Str, Hillcrest. Die sentrum het beide binne- en buitehuise speel -aktiwiteite en -apparaat. Klaskamers en speelgronde is besonder ruim. Die gronde is ideal vir spesiale aandag aan die natuur en omgewingsbewaring. Kinders ervaar eerstehands die wondere van die natuur en leer om natuurlike hulpbronne op 'n omgewingsvriendelike wyse te gebruik. Die plaas-atmosfeer, ruimte, natuurskoon en fasiliteite skep die geleentheid vir kleuters om plantegroei, voël- en dierelewe te ervaar en om van waterbenutting en tuinbou te leer. Met behulp van mini staproetes onder toesig van die onderwyser kry kinders die geleentheid om die wondere van die natuur te verken. Die sentrum strewe daarna om die hand, die hart en verstand te ontwikkel.

KLASSIES:
Die Eendjie klas: 4 - 24 maande saam Juffrou Michelle en een assistant.
Die Hassie klas: 2 - 3½ jaar saam Juffrou Allison en een assistant.
Die Budgie klas: 3½ jaar - 4 ½ jaar saam Juffrou Berniece en een assistent
Die Ponie klas : 4½ - 6 jaar (Graad RR en R) saam Juffrou Irein en een assistent
Nasorg: Jeanette
Administrasie : Jeanette (Skoolhoof) en Irein (Adjunk Hoof)

SKOOLTYE: 6.45am - 12:30nm vir halfdag; 6.45am - 17:15nm vir voldag. (3/4 dag opsies ook beskikbaar)

MAALTYE: Gesonde plant gebaseerde ontbyt, middagete en namiddag happies.

NAMIDDAGRUS: Tussen 12:45 - 2.45nm.

SKOOL JAAR: Skool sluit 13 Desember 2019 en heropen 13 Januarie 2020. Vakansiesorg is beskikbaar is beskikbaar vanaf 6-10 Januarie indien aanvraag groot genoeg is. Halfjaar vakansie is van 29 Junie – 3 Julie 2020. Skool is oop vir alle ander vakansies.

LEERPLAN: 'n Christelik- en natuurgebaseerde program word gevolg en die KZN departementele graad R leerplan word as riglyn gebruik. Vaardighede vir skoolgereedheid word geimplimenteer met 'n gesonde balans tussen leer en speel. Afrikaans en Engels is die taalmedium. Ekskursies word kwartaalliks onderneem om bepaalde temas aan te vul.

BUITEMUURSE AKTIWITEITE: "Playball" en Ballet word aangebied teen addisionele koste.

PERSONEEL KWALIFIKASIES:

Jeanette het haar loopbaan begin by Nimitz Dr Nursery School, Purdue University, VSA waar sy as raadslid en vrywillige onderwyseres gedien het vanaf 1983 tot einde 1985. Met haar terugkeer na Suid-Afrika het ‘n sterk begeerte om haar nuutverwerfde kennis van natuurgebaseerde onderrig te implimenteer gelei tot die “Potch Kleuterplaas/Edufarm” wat vanaf Januarie 1989 ‘n kleuterskool sowel as opvoedkundige sentrum vir daguitstappies vir laer- en voorskoolse skole bedryf het. In 2001 verhuis die gesin na KZN en in 2012 slaag ons daarin om ‘n geskikte eiendom te bekom en met liefde en baie jare se ondervinding diensbaar te wees in die Hillcrest omgewing.

Irein Smit het in 2009 haar B-Ed graad in voorskool en grondslagfase met lof aan UOVS voltooi. Daarna het sy vir 3 jaar by Helderberg Laerskool onderwys gegee. Sy het sedertdien haar B.Ed Honeurs in Opvoedkundige & Ondersteunende Onderwys voltooi. Sy is ons Graad RR en Graad R juffrou sedert 2013.

Bernice Kassier het baie jare ondervinding om met klein en groter mensies te werk. Sy het n Montessori diploma in tuis studies, maar gebruik ook konventionele onderwys metodes. Sy het ‘n toegewyde, rustige, liefdevolle en sagte geaardheid en is sedert Julie 2015 deel van die Hillcrest Kleuterplaas span.

Allison vd Merwe het meer as 20 jaar ondervinding met kleingoed o.a. by Birches Pre-Primere skool in Pinetown. Sy het ‘n Nasionale Hoërsertifikaat in kindersorg en opvoeding en is by Hillcrest Kleuterplaas werksaam vanaf 1 Augustus 2019.

Michelle Nel is in beheer van die Eendjieklas sedert Maart 2019 en doen ‘n uitstekende werk met die versorging en opvoeding van ons kleinste mensies. Sy is tans besig met studies om haar grondfase onderrig graad te bekom.

Die uwe vir holistiese onderrig van hoë gehalte wat met liefde en sorg aan U kleingoed beskikbaar is.

JEANETTE SMIT
(Opgedateer 1 Aug 2019)